Brendan Peyper
Biography, Profile, Albums & Songs

Real Name: Brendan Peyper
AKA:
Date of Birth / Age: ,
Country: South Africa
Hometown:
Net Worth: Unknown

Biography

Brendan Peyper is Suid-Afrika se nuutse blou-oog sangsensasie wat die land oorompel het met sy aansteeklike lirieke.Dié 19-jarige boerseun van Bloemfontein het in 2014 matrikuleer by Jim Fouche Hoërskool en beplan om daarna klankingenieurswese te gaan swot. Die liefde vir musiek het egter die sterkste deur sy are gepols en hom laat besluit om sy rugbytokse en teksboeke vir eers opsy te skuif en sy droom om ’n professionele sanger te word, volstoom na te jaag.

Reeds van kleins af het Brendan ’n besonderse slag met gehore gehad, met ’n kitaar in die hand en opregte, aansteeklike lirieke wat enige man kan laat verlang na iemand wat hy nie ken nie en enige meisie se bene kan lam toor. Sy eerste enkelsnit, ‘Stop, wag, bly nog ’n bietjie’, het groot opslae gemaak in die musiekbedryf en was volgens Channel 24 die warmste musiekvideo (375, 300 + trefslae) wat hul in ’n langtyd gesien het. Kort-voor-lank het sy volgende enekelsnit ‘Tafelberg Vir Twee’ die lig gesien gepaard met ’n nuwe musiekvideo, en het reeds meer as 44,300 trefslae op Youtube.

Peyper is ook vroeër vanjaar vir twee OFM-musiektoekennings benoem, onder andere vir Beste Manlike Kunstenaar en Liedjie Van Die Jaar. Hy stel sy debuut-album in Oktober 2015 vry en dié album word met lof besing onder sy aanhangers. Hierop verskyn óók die liedjie ‘Hierdie Skoen Gaan Pas’, ’n duet met Ray Dylan.

“Dit was ’n groot besluit om my studies vir eers te los, maar dit was ’n weldeurdagte een,” sê hy. “Musiek is my alles en dis my hartsbegeerte om mense se lewens daar deur aan te raak en te verander. Daar sal altyd nog tyd wees om ’n gewone ou te wees en die dinge te doen wat ek graag doen – soos om rugby en rekenaarspeletjies te speel en saam met pelle te kuier – maar, met genade van Bo, gaan ek voluit om iets groots hiervan te maak. Die terugvoer is tot dusver fantasties en ek is baie opgewonde oor die vooruitsigte!”


Albums By Brendan Peyper


Songs Brendan Peyper Featured In

Show all Songs by Brendan Peyper, A-Z